Dr Pieter Grimbeek, MooiVet
Die storm wat ons varkbedryf die afgelope tyd bekruip het, is nog in volle dramatiese swang. Dit is asof alles meteens bymekaargekom het:
• ‘n Knap binnelandse mielievoorraad.
• Die droogte wat die VSA, asook lande soos Argentinië getref het, wat nie net mielies nie, maar ook sojapryse die hoogte in laat skiet het.
• Onbeheersde uitbreiding in die plaaslike pluimveebedryf.
• Die bo-normale beskikbaarheid van vleis weens die ongekende verbete-ring in varkvleisprodusente se repro-en produksieparameters, sowel as die bemarking van swaarder karkasse.
• Roekelose vleisinvoere, asook die dreigende storting van bees-vleiskarkasse vanaf Botswana.
• Sprake dat die Europese Unie kan ontbind weens die bankrotskap van verskeie lede.
• Amerika wat meer as sestien triljoen dollar skuld, by verre die hoogste skuld van enige land in wêreldgeskiedenis.
• ‘n Dalende groeikoers in Sjina, wat vir die afgelope vyf jaar ongekende opwaarste groei getoon het.
• Plaaslike verbruikers wat sukkel met ongewone elektrisiteit-, brandstof- en loopfoonuitgawes, derhalwe het hulle min oor om op kos te spandeer.
Continue Reading →